© 2016 Jonkman Kreatief

NP van Wyk Louw oor die ware intellektueel

March 17, 2017

Ek het die voorreg gehad om so tydjie gelede te kon optree by die boekvrystelling van Afriforum en Kraal Uitgewers se boek " Kultuurvryheid en selfbestuur - Keuses van klein groepe wêreldwyd". 

 

Die uitlating wat gemaak is deur een van ons land se mees kontroversiële kunstenaars so paar jaar terug, het lank by my gebly: "Afrikaans het nie 'n oppasser nodig nie". Dit het lank by my gespook, want ek het nie noodwendig daarmee saamgestem nie. 

 

Na dese, en veral nadat ek die gesprek by die boekbekendstelling bygewoon het, kan ek nogal saamstem met daardie stelling, alhoewel nie al die skrywers (daar is 'n rits kenners bymekaar geroep om bydraes te lewer vir die verskillende hoofstukke) op dieselfde bladsy (ek moes net) is hiermee nie.  Dit het myns insiens gesorg vir goeie, gesonde kreatiewe spanning tussen van die skrywers op die verhoog.

 

So gedagte wat N.P van Wyk Louw oor die intellektueel gehad het:

"Die ware intellektueel is iemand wat dit tot lewensreël gemaak het om by elke saak redelik te dink, billik te oordeel, aarselend te veroordeel, en die eie mening met ‘n bietjie nederige selfkritiek te beskou."

 

Die redaksie is briljant behartig deur Dr. Heinrich Mattee.

Share on Facebook
Share on Twitter
Please reload

Featured Posts

NP van Wyk Louw oor die ware intellektueel

March 17, 2017

1/2
Please reload

Recent Posts
Please reload

Archive
Please reload

Search By Tags
Please reload

Follow Us
  • Facebook Basic Square
  • Twitter Basic Square
  • Google+ Basic Square